Skip to content

in Liefdevolle Herinnering

Marius Kok
Marius Kok
Nov 27 1977 - Oct 07 2020
Elizabeth Bothma
Elizabeth Bothma
Nov. 02 1953 - Apr. 05 2020

Begrafnisdienste

Wanneer ‘n geliefde tot sterwe kom, is dit in hierdie traumatiese tyd wat jy n begrafnisondernemer met empatie benodig. Ons dien families met waardigheid en respek en verseker dat elke begrafnis wat in ons sorg as n voorreg hanteer word en dat ons families met kalmte en respek kan afskeid neem.

Verassings Dienste

Wanneer dit kom om die besluit te neem tussen verassing en n grafdiens is dit meestal die vraag van: Kry ons ons geliefde se as regtig terug. Ons kan met n geruste hart ons families die kalmte gee dat ons net gebruik maak van n privaat krematorium om die besluit effens makliker en met n geruste hart te kan neem.

Grafstene

Pryse van grafstene wissel vanaf R3 000 tot R20 000, afhangende van die tipe graniet wat u verkies, asook ander bykomstighede. Verskillende kleure graniet is beskikbaar, maar die mees populêre en bekostigbare is ‘n donker steenkoolgrys, naamlik Rustenburg-graniet.

Vooruitbeplanning

Wanneer ’n persoon wat terminaal siek was, tot sterwe kom, of wanneer ’n skielike of onnatuurlike sterfte plaasvind, kan ons die ervaring vergelyk met ’n emosionele aardbewing. Verandering vind nou vir altyd plaas. Skakel ons vir n vooruitbeplanning gratis en in die gerief van jou eie huis

Foto Gallery

Lize Bothma

Eienaar
NJ Lic. No 1234

By Lize Bothma Begrafnisdienste word elke klient soos familie, want in moeilike tye het jy jou familie nodig. Lize staan elke familie persoonlik by met waardigheid, empatie en simpatie om in  hierdie moeilike tyd kalmte te kan bring. Alle begrafnis polisse word aanvaar.

Ons begrafnisdienste is 'n lid van:

Getuigskrifte

Wat mense sê!

Bv-Trading-No-photo-1.jpg
Lize Bothma jou hart is van goud. Ek is so trots om te se ek ken jou - skoon traan gepik to ek hoor jy gee n rou diens vir die groot FM omgee program.
Ronel Roos
Privaat
Bv-Trading-No-photo-1.jpg
Lize Bothma, jy is n engel in die tyd wat mense dit die meeste ooit nodig het en jy stap die pad met elkeen! Jy het ons grootste hartseer hanteerbaar gemaak deur ons te help toe ons besluite moes maak terwyl ons stukkend was! Niks was te veel vir jou nie en jy het in die agtergrond alles hanteer. Ai Lize, jy is die mees amazing persoon wat met die grootste passie hierdie moeilike werk verrig.
Hannelie De Beer
Privaat
Bv-Trading-No-photo-1.jpg
Chantelle Theunissen het ‘n ruk gelede ‘n epos aan ons gestuur en gevra vir hulp om uit die gat te kom. Haar man is die enigste broodwinner, met ‘n salaris van R5 800 per maand. Net hulle huur is R3 500 per maand. Chantelle het haar werk verloor tydens die pandemie, en na vele probeerslae en die uitstuur van haar CV, het sy ‘n week gelede ‘n werk in ‘n kroeg gekry – waarvoor sy R22 per uur betaal word. Sy sê in haar brief, ‘die dag wat ek nie nodig het om te bekommer wat my kinders vanaand gaan eet nie, sal ek voel ek het gewen’. GROOTfm 90.5 het gaan kuier en voelers uitgesteek na individue wat wanneer moontlik, hulle hande en harte opsteek om saam ‘n #GROOTverskil te maak. Lize Bothma van Lize Bothma Begrafnisondernemers het aangebied om te help met ‘n roudiens vir Braam
Jou Mense My Mense
GROOTfm 90.5

Voltooi hierdie vorm om in aanraking te kom, en ons sal u so gou as moontlik terugbesorg.